ek is moeg,
moeg vir die stad se lawaai
moeg vir die stemme en lywe en gesigte,
wat eindeloss deur die leë strate rond draai

Ek is klaar,
klaar met die dood
wat om elke hoek loer na my.
klaar met die geweld en chaos
wat in woorde en gedagtes vry na my.

ek wil wegbreek en loskom
uit die spinnekopweb wat my gevange hou
en êrens waar dit groen is
vir my 'n droom saam jou gaan bou.
-----------------------------------------
ek het nie die gedig geskryf nie, maar dit het vir my 'n groot betekenis in gehad